◆ Oor My
Uit die stowwerige vlaktes van die Groot Karoo kom n stem wat jy nie maklik vergeet nie. Koossie is nie net n kunstenaar nie — hy's n gevoel, n manier van leef.
Grootgeword waar die son hard brand en die nag stil raak, het Koossie sy klank gevind tussen die klippe en die sterrehemel. Rou, eg, en diep Afrikaans — maar met n beat wat jou laat beweeg.
Sy musiek praat van die platteland, van die struggle, van liefde en verlies — alles verweef in beats wat sowel die hart as die voete tref. Koossie is nie vir almal nie. Maar as hy vir jou is, sal jy dit weet.
◆ My Musiek
◆ Videos